




Ons hooffunksie is die verkryging van finansiering van eerste- en verdere verbande by die volgende finansiële instellings: ABSA, EERSTE NASIONALE BANK, STANDARD BANK EN NEDBANK. Verder doen ons ook boulenings by al vier hierdie Banke, en is behulpsaam met die indien van bouplanne, boupakette en registrasies by die NHBRC.
Ons reël ook private waardasies op residensiële- en besigheidseiendomme.ABSA bied ‘n diens waar hulle oorbruggingskapitaal verskaf , ná goedkeuring van verdere verbande, waar die instruksies reeds aan die Prokureur geallokeer is. 80% van die bedrag van die lening word dan uitbetaal voordat die transaksie in die Akteskantoor geregistreer het.
BEDINGINGSMAG:
Ons streef daarna om die beste rentekoerse vir ons kliënte te beding. Aangesien Banke onder mekaar kompeteer om kliënte te werf, en te behou, veral wat betref langtermyn verbintenisse, onderneem Banke om die beste moontlike rentekoerse te kwoteer.